Ons is n kerk
wat in Jesus glo

“Die gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring/ Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes hertsel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

Lukas 4:18‭-‬19 

Nuwe Lewe het ‘n nuwe seisoen ingegaan met die visioen om meer relevant in die gemeenskap te wees.

Jesus het gesê dat nuwe wyn in nuwe leersakke gegooi moet word. Daarom glo ons die Kerk moet indentifiseer en aanpas by die visioen wat God vir die teenswoordige tyd het. Alhoewel die Woord van God onveranderd bly, moet ons daagliks vernuwe word in antwoord tot God se plan vir die huidige tyd.

Die waarde-sisteem van hierdie familie kerk is geskoei op verhoudings. Die fokus is op mentorskap en toerusting van gelowiges deur “Vader-Seun” verhoudings – waardeur dissipels gemaak word instede van lidmate. Hierdie Gemeente sal ‘n vars, verfrisende identiteit aan elkeen bring wat ‘n Kerk soek wat relevant vir ons dag is – wat tradisionele steriotipes agterlaat en die Woord van God verkondig sonder kompromie .

Ons gebed is om met meegevoel en ywer die Evangelie aan die armes te bring, genesing vir die gebrokenis van hart en vrymaking van die vasgevangdes en onderdruktes. Ons wil vryheid verkondig aan gebondenes en die die jaar van die Here se guns aankondig. Nuwe Lewe Famielie Kerk is ‘n plek wat huis genoem kan word – ‘n familie tuiste waar verwantskap ondervind word en liefde ervaar word..

Soveel meer as net kerk!
Life Groups

Om in verhouding te staan.

Handevat...

Kontak Ons
Flourish

n Ondersteuningsgroep vir dames wat graag Vroue na die hart van God wil word. 

Elke Woensdag-aand 18h30-19h30

Read More
Gebed en intersessie

Gebed is n kragtige werktuig. Staan in die bres... vir jou Familie, vir die Ligaan van Christus, vir Nasies

Gebeds Versoek
uitreikings

Maak n verskil in die Gemeenskap. Vertoon die Liefde van Christus.

.

Kontak Ons
Testimonial
test-bg